May 27, 2015

Inligting

Die kombuis is volledig toegerus. ’n Yskas , mikrogolfoond en gas stoof met oond. Daar is geen televisie, radio of internet nie, maar daar is wel 'n internetsein indien gaste hulle eie versender saambring. Die huis word skoongemaak voor aankoms van gaste , maar nie op 'n daaglikse basis nie. Die huis het ’n dek, ’n braai-area, ’n droë lopie agter huis waar wild en voëls gereeld saamdrom. Daar is ook verskeie piekniekterreine langs die Krokodilrivier waar gaste kan uitspan. Daar is 'n plonspoel beskikbaar wat gaste gerus kan vul, indien hulle daarvan gebruik wil maak. Om gesondheidsredes (stagnante water, muskiete wat broei, ens.) hou ons dit nie gevul voor gaste se aankoms nie. Ons versoek dus dat gaste asseblief die swembadjie vul voor gebruik en dit dan asseblief weer leegmaak met vertrek, sodat die volgende gaste dit ook kan opvul indien hulle daarvan gebruik wil maak. ’n kafee, drankwinkels, ’n hardewarewinkel, restaurante en ’n vulstasie is binne 5 kilometer van die huis geleë  
Translate »